View Full Version : The Future of SA's Provinces


briker
September 24th, 2010, 05:40 AM
A debate is heating up on the future of South Africa's nine provinces.
Pls post news and developments here

briker
September 24th, 2010, 05:41 AM
ANC besluit in geheim oor grense
2010-09-24 00:54

Durban

Die ANC en sy alliansievennote sal teen Desember tydens ’n spesiale beraad agter geslote deure oor die toekoms van die land se nege provinsies besluit.

Me. Nomaindia Mfeketo, voorsitter van die ANC se subkomitee oor regering, het gister op ’n inligtingsessie by die hoofraadsvergadering (NGC) gesê beleidsbesluite sal tydens die beraad gefinaliseer word.

Luidens die ANC se besprekingsdokumente is daar ’n “sterk saak” om die getal provinsies te verminder en sal enige verandering aan die provinsiale regeringstelsel vereis dat die Grondwet gewysig word.

Mfeketo het ’n maand gelede tydens ’n inligtingsessie in Rivonia in Johannesburg nog gesê die burgerlike samelewing en rolspelers sal by gesprekke betrek word. Dit blyk die regerende party het intussen daarteen besluit. “Net die ANC-strukture en ons alliansievennote sal by die beraad wees. Ons gaan nie die media uitnooi nie,” het Mfeketo gesê.

Mnr. Sydney Mufamadi, voormalige minister van provinsiale en plaaslike regering, het twee jaar gelede ’n projek aangekondig om die menings van kenners en gewone Suid-Afrikaners oor provinsies in te win. Dít was nadat die herafbakening van munisipale grense om ’n einde aan sekere oorgrensmunisipaliteite te maak, tot protes en geweldpleging gelei het in munisipaliteite soos Merafong, wat by Noordwes ingesluit is, en uiteindelik na Gauteng teruggeskuif is. Planne om Matatiele in KwaZulu-Natal by die Oos-Kaap in te lyf, het in die konstitusionele hof gedraai.

Die oorspronklike afbakening van die land se nege provinsies het aansienlike emosie en belangstelling ontketen, soos weerspieël in die 313geskrewe en 84mondelinge voorleggings voor die destydse kommissie.

Die ANC-beraad sal nou ’n bestekopname van die plaaslike regeringstelsel doen en die ANC se nasionale uitvoerende komitee adviseer oor die pad vorentoe vir ’n enkele staatsdiens.

Planne om nasionale en plaaslike verkiesings terselfdertyd te laat plaasvind, is ook op die agenda, het Mfeketo gesê.

Luidens die NGC-besprekingsdokumente het dit ’n “beduidende invloed” op die ANC en die regering om elke twee tot drie jaar ’n verkiesing te hou. “Een verkiesing vir nasionale, provinsiale en plaaslike (regering) sal reuse-kostebesparings inhou.”



- Die Burger