thryve
June 13th, 2006, 02:33 AM
Originally posted by Harkerb.
As much as we appreciate muckgfutz's contribution, this thread is not for Orania discussion, and any posts by him will be removed.
--------------------------------------------------------------------------
Ekonomie van Orania gaan van krag tot krag
09/06/2006 21:27 - (SA)
Met die ekonomie van Orania in die Noord-Kaap gaan dit voor die wind en die dorp open vandag sy eerste winkelsentrum.
Die Saamstaan-winkelsentrum was aanvanklik ’n sprong in die duister, maar die sukses van die supermark, wat al vroeër sy deure oopgemaak het, is ’n bewys van die stewige koopkrag in die omgewing. Die supermark dra reeds voorraad van R1,5 miljoen.
Mnr. Frans de Klerk, uitvoerende hoof van die Orania Beweging, sê inwoners van Petrusville, Hope Town, Vanderkloof en die omliggende boeregemeenskap ondersteun die dorp.
“In die verlede moes ons ons inkopies óf in Bloemfontein óf in Kimberley doen en nou, met die stygende petrolprys, kom die sentrum presies op die regte tyd.”
Die winkelsentrum van R5 miljoen is die geesteskind van dr. Soon Zevenster en beslaan 1 800 m². Dit huisves die OK Sentra-supermark, ’n hardewarewinkel, ’n klerewinkel, slaghuis en ’n kontrei-winkel, wat alles en nog wat verkoop. Die perseel is só ontwerp dat dit verder uitgebrei kan word.
Me. Eleanor Lombard, woordvoerder van die Orania Beweging, sê daar is reeds planne om ’n kunsgalery en teetuin by te voeg. Dié sentrum het 20 nuwe werkgeleenthede geskep, wat ’n groot verskil in ’n gemeenskap van 600 mense maak.
Benewens die groei in die kleinhandelsektor ervaar Orania ook ’n oplewing in eiendom en toerisme, sê De Klerk.
“Vyf jaar gelede kon erwe van tussen 500 m² en 2 000 m² vir tussen R5 000 en R10 000 verkry word. ’n Maand gelede het ’n erf R70 000 behaal.”
Die gemiddelde huisprys in die dorp is sowat R250 000, maar daar is ’n huis in die mark vir R500 000. Hy sê as dié huis verkoop word, sal dit ’n eerste vir die dorp wees. Die gemiddelde groei in huispryse sedert 1992 was op ’n jaargrondslag 13,9% en daar is 15 bouprojekte aan die gang, onder meer vir ’n nuwe juwelierswinkel.